Speech - Deputy Minister: Skrywersaand, Laerskool Lynnwood - 16 Maart 2010

Baie dankie vir die vriendelike uitnodiging om by hierdie skrywersaand met u te kom gedagtes deel oor die grootste sportgebeurtenis ter węreld asook in die geskiedenis van ons land – die 2010 FIFA Węreldbeker sokker-toernooi. My hartlike gelukwense aan die organiseerders van die skrywersaand - u kon seer sekerlik nie ’n meer geskikte onderwerp vir vanaand gekies het nie. Toe die sokkerbod op 15 Mei 2004 aan Suid-Afrika toegeken is, het ongekende geleenthede vir ons land en die Afrika kontinent 'n werklikheid geword. Buiten al die ekonomiese en ander voordele kan 2010 bydra om ons as 'n nasie en jong demokrasie saam te snoer. Reeds ervaar ons versoening, groter begrip en waardering vir mekaar met mense uit verskillende groeperinge in ons land wat saamwerk om 2010 te laat slaag. Vir die regering is nie alleen die gemeenskaplike gevoel van trots, groter versoening en eenheid belangrik nie, maar ook die daadwerklike verbetering van mense se lewensomstandighede en lewensgehalte.

Date
: 01 June 2010
Author
: Deputy Minister: Gert Oosthuizen
Year
: 16 March 2010
Publication
: Speech - Deputy Minister: Skrywersaand, Laerskool Lynnwood - 16 Maart 2010
Media Type
: Speech
Document